Graskop, plekke van belang en geskiedkundighede

The Big Swing

Ervaar die adrenaline van ʼn 68 meter vryval in minder as 3 sekondes op een van die węreld se hoogste kabel kloof swaaie of vlieg oor die kloof op ʼn 131 meter draad “Foefie Slide”, 80 meter bo die grond na moeder aarde en beleef die asemrowende Graskop watervalle soos nog nooit gesien nie.

Klik op die foto en besoek ons gallery vir die aflaai van inligting.

Mac Mac Avontuur Gebied

 Die Mac Mac Quad roetes is ʼn intressante nuwe avontuur vir Quad fiets ryers wat van die onbekende weggesteekte roetes van die fotografiese Mpumalnga Platorand omgewing kan ervaar en geniet. Meeste van die roetes is nie toeganklik vir die publiek nie. Dog ʼn ander opwindende en ongelooflike manier om die skoonheid van die nie toeganklike Mpumalanga Platorand is om die boonste gedeelte van die Blyde Rivier op ʼn Kanoo te ry. Dit begin naby die stroomgebied van die Blyde Rivier en geniet die pragtige uitsigte. Hierdie is ʼn ontspanne Konoo rid deur pragtige areas op die Blyde Rivier. Die ritte is geskik vir Families.
Klik op die foto en besoek ons gallery vir die aflaai van inligting.

Staproetes

 Met die natuurlik gevormde poele en pragtige uitsigte oor die Sabie Vallei, is hierdie staproete die mees gewildste stappers bestemming in Suid – Afrika. Stap op na Mount Moodie om ʼn asemrowende uitsig oor die Sabie Vallei te aanskou. Die roete is ook baie bekend vir die twee nationale monumente, naamlik die 68 meter hoë Lone Creek Watervalle en die 65 meter hoë Mac Mac watervalle. Die area rondom die Mac Mac Watervalle is vol stylvolle Geelhout bome.

Klik op die foto en besoek ons gallery vir die aflaai van inligting.  

Golf Bane

 Die Sabie river sun, een van die min 18 putjie bane is ʼn glanspunt op die Suid-Afrikaanse PGA Toer. Op die ower van die Sabie rivier kan mens jou voorstel van die water gevaar asook die diere gevaar waar Seekoeie dikwels wei op die grasvelde. Op die uithoeke van Pelgrimsrus is die 9 putjie golf baan geleë tussen die hange en bosboubedrywighede. Hierdie pragtige uitgelegde golfbaan verskef golf spellers ʼn aangename tog ʼn uitdagende dag se uitstappie.

Klik op die foto en besoek ons gallery vir die aflaai van inligting.  

Goud Pan

 Die Suid-Afrikaanse Goud Pan Assosiasie (S.A.G.P.A) is gestig in Julie 1997. In Augustus in dieselfde jaar het afgevaardigdes van die Assosiasie en die Pelgrimsrus Museum Finland besoek om waar te neem en te kompeteer in die Finse Ope Goud Pan Kampioenskappe.

Home