Graskop Accommodation





Graskop, plekke van belang en geskiedkundighede


Hierdie besienswaardige roete volg langs die R532 aan die bokant van Loius Trichardt Laan, gemerk Ohrigstad, wat direk lei na die Blyde Rivierspoort, terwyl die besienswaardige roete R534 'n 15,4 km beloop al langs die oewer van die Platorand en vertak na die regterkant vir 2,2 km en dan weer ineen vloei by die R532 op 'n punt van 8,1 km vanaf Graskop.

Die Pinnacle Rotstoring is 'n hoê Rotstoring van verweerde kwartsiet en is begroei van helderkleurige aalwyne. Die rotstoring van 30m toring bo die inheemse woude van die omliggende Driekop kloof uit. 'n Bron van die Ngwaritsana rivier stroom deur die donker dieptes van die noue klipskeur aan die regterhand wat aan die bopunt van die kloof geleê is.

God's Window het 'n hoogte van 1730m met 'n voetpad wat deur die inheemse reênwoud na die Wonder Uitsig lei met 'n pragtige uitsig oor die uitgestrektheid van die Laeveld, Kruger Nasionale Park en die Lebomboberg reeks in die verte. Die omgewing is besaai met natuurlike aalwyn tuine asook verweerde sandsteen wat in prehistories vorms gevorm is.

Die Lisbon Waterval is 'n merkwaardige waterval van 95m wat neerstort in die diep donker waterpoele. Lisbon Creek is kenmerkend van die area waar die vroeêre delwers vir goud gepan het.

Die Berlin Waterval was vernoem is na die plaas waar die watervalle geleê is en is 45m hoog. Die waterval het ontstaan deur verskeie verwerings prosesse. Hierdie besienswaardigheid mag nie gemis word nie weens die uitsigpunte wat die hele val weergee.

Bourke's Luck Kolkgate is die samevloeiing van die Treur en Blyde riviere is een van die merkwaardigste geologiese gebeure in die land. Deur miljoene jare het die malende kolkgate wat plaasgevind het met die samevloeiing, veroorsaak dat water en sand in rotsilindriese kolkgate gemaal is. Die Kolkgate is vernoem na Tom Burke wat die goud potensiaal van die gebied raakgesien het. Hy het betrokke geraak by die myn industrieê aan wie die gebied behoort het. Daar is ook 'n mate van ironie betrokke by die naam want die groot goud ontdekking was nie op die myne se gebied nie, maar aan die teenoorgestelde kant van die rivier.


Blyde Rivierspoort

Die Blyde Rivierspoort lê gelêe in die 27 000 hektaar van die merkwaardige besienswaardigheid van die Blyde Rivierspoort Natuur Reservaat, 'n 57 km radius wat loop vanaf die noorde van Graskop teen die Platorand. In ag genome die verskil in hoogte, temperatuur en reênval word 'n groot verskeidenheid van inheemse plantegroei en woude gevind.

Op die hoogliggende suidelike gedeelte wat 'n hoê reênval het, is groot gebiede van grasheuwels en digte inheemse woude van Geelhout, Boekenhout, silverbome en Boomvarings te sien. Die sentrale gebied het gemengde suurbosveld en doringbome, terwyl die noordelike gedeelte en voetheuwels bekend staan as die Laeveld .

Die Laeveld uitsigpunt is geleê op 'n plat rotsagtige bank met 'n hoogte van 1219m en dit wil voorkom of dit 'n bietjie laer is as die van die poort pieke. Voetpaaie lei tot aan die oewer van die 16km poort, 'n asemrowende en onbeskryflike uitsig. Ver onder in die Blyde Rivier skuim en stort die water al langs die rotsagtige rivierpoort, wriemelend soos 'n enorme groen slang en vloei dan in die Blydepoort Dam. Digte plantegroei met mos en varings vul die kranse en die rotse is met digte mos bedek.

Die uitsigpunt van die Drie Rondawels maak voorsiening vir 'n pragtige uitsig van die bekende pieke van kwartsiet, bekend as die Drie Rondavels terwyl die Blydepoort dam (Swadini dam) heel onder, rustig en kalm in die verte lê . Die mond van die poort is gelee tussen Swadini en Mariepskop wat eens die toneel was van 'n groot geveg tussen Swazi (rowers)van die Suide en die plaaslike Bapedi en Mapulana Stamhoofde, wat die kruin van die berg as 'n skuilplek en fort gebruik het in tye van aanvalle. Die Bapedi en Mapulana kulture het begin moeg word vir die aanhoudende Swazi aanvalle en onder die leierskap van Hoofman Maripi Mashile, het hulle tot op die bergpiek geklim, oorkant Swadini en vandaar die Swazi's gebombadeer met massiewe klippe wat toe bekend geword het as die geveg van Moholoholo, "die groot,groot geveg". Die Swazi's het 'n bitter groot nederlaag gelei en daarna is die berg genoem Maripi in ere van die Mapulana hoof.

Volg die roete R532 oor die golwende graslande wat geleidelik die poort in stille heimwee agterlaat. Dieploof is 'n wisselvallige kloof noord van hier waardeur die Ohrigstad rivier vloei. Verder op hierdie roete daal mens en gaan ry mens deur die Rietvlei Vallei na die kruispunt van die R36. Draai regs by hierdie aansluiting.

Hierdie roete volg na Sabie en Pelgrimsrus (R532)

Die Natuurlike Brug

Die merkwaardige besienswaardigheid was moontlik veroorsaak deur die rivier verwering van die sagter rotse asook die harde kwartsiet. Die rivier wat die bron van die Mac Mac rivier is, begin suid van Hebron, vloei verby die ou prospekteerders myne voordat daar deur die Natuurlike brug beweeg word.

Volg die roete R532 en draai na links by die afdraai na Pelgrimsrus.

Die Maria Shires Waterval ter ere van die baanbreker, Maria Shires (gebore Taylor)

1814 tot 1875, wie se menslike oorskot naby die valle begrawe is. Sy was die moeder van Joseph Brooke Shires (Junior) 'n baanbreker en 'n handeldrywende bosbouer van die area, wat in 1876 die eerste Bloekom en Gom bome geplant is by Onverwacht, nou bekend as Brooklands. Ann Maria McLachlan het die Burgers Cross toekenning deur President Burgers ontvang vir haar toegewyde verplegingsdiens aan die Mac Mac delwers gemeenskap. Haar Skoonseun, T MaLachlan saam met James Sutherland en Edward Buttons het die eerste goud in die gebied van Spitzkop ontdek op die 14 de Mei 1873. Hy het later ander waardevolle edelgesteentes in die gebied ontdek. 'n Regte kenmerkende baanbrekers familie wat die deur geopen het vir die goud en bosbou welvaart van vandag.

Die Forest Falls

Hierdie pragtige breê valle, 10m hoog, uit die Mac Mac rivier, kan alleenlik aanskou word deur die Forest Falls Natuur Staproete van 3.5km te stap na die waterval wat begin by die Erfenis piekniek terrein.


Jock of the Bushveld, Mac Mac delwers en Transportryers Gedenkteken

Toe die delwer, Tom McLachlan die plaas Geelhoutboom bekom het, is goud in elke waterstroom gekry en die stormloop van delwers het gevolg en dadelik is begin met 'n grawery, sluistroeê en goudpannery. Hierdie was die rykste ontdekking tot dusvê r en het myners van oor die hele werê ld gelok. Jansen, die Landdros van Lydenburg het die delwery besoek en onder druk van ervare delwers het Jansen 'n delwers komitee gestig en 'n Amerikaner, Majoor W MacDonald aangestel as Goud Kommissaris. As lede van die Volksraad kon hulle nie die moontlikhede van die ontwikkelings visualiseer wat in die area plaasvind nie en het hul net 'n vae idee gehad van die ligging. Jansen het voorgestel dat President Burgers die goudvelde moet besoek en hy het ingestem. Burgers was baie gewild met die natuurlike agterdogtige delwers gemeenskap. Vir 'n begin het hy uitstekende Engels gepraat en die delwers het gehoor dat sy vrou 'n Skot was. Toe die President die delwers name bekyk het, het hy opgelet dat die meerderheid Skotse name is, met die voorvoegsel 'Mac' en het gesê " Ek gaan die plek Mac Mac noem". Die rol van die Transportryers was om voorrade en toerusting aan die Delwers gemeenskap te voorsien en moes nie uit die oog veloor word nie

Hierdie Transportryers, meestal avontuurlistige manne was 'n tipe mens op sy eie en het hul waens en osse oor terreine getrek in uiterste moeilike omstandighede en probleme. Een van hierdie manne, Percy Fitzpatrick, het later 'n wel bekende Suid - Afrikaanse politikus geword.

Mac Mac Watervalle is verklaar tot 'n Nationale Monument op 18 Februarie 1993.

Sement paatjies en steen trappe met veiligheids reêlings is opgerig om toegang te verleen na die verskillende uitsigpunte, van waar mens twee ononderbroke valle wat neestort na benede in die diep woud digte afgronde, waar die rivier 65m onder kinkel. Die Mac Mac delwers was deels verantwoordelik vir die gesigs verandering van die aarde deurdat hul die enkel waterval verander het in 'n dubbele waterval soos ons dit vandag sien.

Mac Mac poele is 'n baie gewilde piekniek area, toegevou in skaduryke bome op die oewer van die vlak rotsagtige rivier, wat oorloop in verskeie reeks van rots poele. Daar is beskerming, braai geriewe, toilette, piekniek plekke en 'n staproete. Die staproete neem die stapper tot by die onderent van die Mac Mac watervalle wat voorsiening maak vir pragtige uitsigte van die valle vanaf onder.

Die Sabie Rivier Kloof en Waterval is geleê onder die nuwe brug in Sabie wat op die draai gebou is om in te skakeer met die natuurlike besienswaardigheid van die kloof. Uitsig parkeerplek is aan die regterhand van die brug voordat die brug gekruis word. Daar is 'n kort roete deur die Williams Aandenkings Tuine om plekke te besigtig wat 'n uitsig verleen oor die klowe benede waar die Sabie rivier 73m na onder stort.

Die Bridal Veil Waterval wat 'n ooreenkoms is met die sluier van 'n Bruid kan bereik word deur die ou Lydenburgpad te neem tot by die bosbou grongpad aan die regterhand omtrent 3km. Mondi Timbers saagmeule, een van die grootste saagmeulens in die Suidelike halfrond is geleê op die hoek van die afdraai. Volg die grondpad, verby die Ceylon Bosbou Stasie aan die linkerhand oor 'n nou bruggie na 'n vyf rigting aansluiting. Hou regs by die aansluiting (Moet nie regs draai nie) en hou op die hoofpad. Verder op die pad is 'n vurk na regs wat lei na 'n stroompie 300m verder op die roete, die watervalle kan van bo gesien gesien word.

Dit word aanbeveel om op die bo punt te parkeer, die staproete te volg na links agter die stroom. Hirdie roete konkel deur digte woude op na die watervalle wat 70m neerval in die middle van 'n amfiteater aan die bokant van die vallei

Die Horseshoe Watervalle is 4km op die Ou Lydenburgpad geleê wat op 'n naambord aangedui word en waarvan die pad 'n grondpad is. Die waterval val in die vorm van 'n perfekte Perdeskoen wanneer die rivier in vloed is en is verklaar tot 'n Nationale Monument. Hierdie was ook die eertse terrain van een van die eerste saagmeulens in Sabie.

Die Lone Creek Watervalle is 9km vanaf Sabie geleê op die Ou Lydenburgpad. 'n lieflike kort staproete van 200m deur die digte woude van die kloof wat 'n waterpoek bereik, waarin 'n noue waterval van water oor 'n lys met 'n hoogte van 68m neerval. Die Watervalle is verklaar tot 'n Nationale Monument.

Keer terug na die R532 en volg die pad deur Sabie, draai na regs na Lydenburg.

Vir ander plekke van belang en intressanthede in Sabie, verwys na die afdeling van Sabie.

Die Long Tom Pas wat Sabie met Lydenburg verbind is een van die mees merkwaardigste berg passe in die land, met 'n hoogte van 2169m en is een van die hoogste hoof paaie in Suid-Afrika. Vanaf Sabie klim die pad meer as 1000m voordat dit weer met 670m daal na Lydenburg. Die pad sweef glad oor skerp stygings en dalings en maak dit moeilik om te waardeer dat die pas eens 'n natuurlike gevreesde hindernis was. Dit was ook die toneel van 'n oorlog tussen die Boere en die Engelse I September 1900. A namaaksel van 'n Long Tom Bom stan in die pas, wat besoekers daaraan herinner het dat die pas vernoem was na die Long Tom Kanonne wat gedurende die oorlog in die Anglo Boere Oorlog (1899 - 1902)


Graskop Geskeidenis

Die eerse inligtingstukke van Graskop se geskiedenis het begin in 1843, met die aankoms van die Voortrekkers in die gebied. In 1838 het Loius Trichard - in die soeke van 'n poort, nie onder Britse heerskappy, het hy Delagoa Baai bereik via 'n arduous roete deur die Olifants Rivier Vallei. Hierdie reis was voltooi deur 'n verlies aan lewens, velore vir eweig, moontlik as gevolg van Malaria. In 1843 Andries Potgieter - wat Potchefsroom gestig/ ontdek het en op aanbeveling van Trichardt - het 'n meer suidelike roete geneemwat nie oner Britse beheer was nie, wat uitgedraai het as die mees onmoontlikste en veeleisendste roete. Na onderhandeling wat bekend gestaan het as CASPER'S NEK pas (vernoem na Paul Kruger's se vader wat ook van die oudste baanbrekers wasvan die oudste pad wat vandag nog in gebruik is, die party het die kruin van die Drakensberg Platorant bereik waar daar op dardie punt geen ordentlike afdraande hetsy deur enige sig - 50km enigein enige rigting. Daar is beslut dat die vrouens, kinders en 'n paar manne uitgeprei op die banke van die rivier net onder die bokant van die Platorand - met streng instruksies dat die wagtende groep na Potchefstroom sal terugkeer as die bespiedende groep manne nie teruggekeer het by die datum twee maande die toekoms in nie - Die manne het na 'n roete gaan soek na die Leaveld 1000m na onder. Toegang na die Laeveld was ontdek deur die spoor van 'n dier op die land onder beheer 'n plaaslike Stamhoof met die naam van Koveni - heen die Arikaanse vertaling Kowyn. - en op Delagoa Baai waar, vir verkeie redes, was die mans vertraag. Die wagtende partye , wat veetien dae langer gawag het as wat wat hul instruksies was, het die rivier banke waarop hulle angstig vir hul mense gewag het het die rivier die "Treurivier" genoem (River of Sorrow). 'n Paar dae later het die terugkerende groep weer aangesluit met hul vrouens en die ander groep mense op 'n rivier bank van 'n ander rivier wat duidelik die "Blyde Rivier"genoem is (River of joy).

In die jaar 1850 is die plaas Graskop - so genoem vanweê die vinnige groeiende grasvelde en seldsame voorkoms van bome in die area - het beoort aan Abel Erasmus wat laterere jare "Bantoe Kommissaris en Landdros" geword het van die hele Laeveld en Platorand gedeelte. Die plaaslike, inheemse gemeenskap het hierdie gevreesde/ gedugte jagter die naam " Dubula Duzi", in erkenning van die feit dat hy gewag het tot die laaste sekonde voordat hy op syslagoffer geskied het. Goud was oral in verskeie omgewings ontdek in die 1870's en die Graskop area was geen uitsondering nie. Dog nie so dramaties en winsgewend soos in ander dele van die omgewing nie, sal die waarnemende oog nog die ou delwersmyne en redelike nuwe delwersbedrywighede kan waarneem in die omgewing rondom GRASKOP en Pelgrimsrus. So onlangs soos 1996 het die laaste delwers besluit om hul delwerspanne tot ruste te laat kom en opgehang.

"Jock of the Bushveld" dateer uit die laat 1880's en vroeê 1890's. Twee hoofstukke van hierdie klassieke Afrikaanse verhaal nl, "Paradise camp" en " Baboons and Tigers"het 'n klipgooi vê r plaasgevind vanaf GRASKOP. In die 1890's het die behoefte vir 'n meer effektiewe roete vir benodighede in Pelgrimsrus ontstaan in besonder sodat Max Carl Gustav Leibnitz sy eie fortuin kon maak. So te sê alleen (Enkel) handig het hierdie man die bestaande dier roete (Track) omskep in die eerste "Kowyns Pas" - die huidige een is die derde en was voltooi in 1957 in 'n gradient van een van veertien. Die oorspronklike pas het op sekere plekke 'n gradient van een in drie. Aan die bopunt van die pas het Leibnitz 'n tolhek en 'n Herberg gebou. Leibnitz se oorspronklike pas kon nie deur enige sterk verbeelding

'n pad genoem word nie, die aksent het geval op 'n 2 tot 3 dae se geswoeg en sweet, harde werk en harde woorde. Met die afgaan in die pas was ook geen speletjie nie, groot en swaar take en boomstompe moes aan die waens vasgemaak word om te help met die remming van die waens. Nodeloos om te sê dat die handel in drank ook 'n baie lewendige besigheid was, al het Leibnitz nie 'n dranklisensie gehad nie. Hierdie was nie eintlik 'n problem nie maar wanneer die Landdros van Lydenburg elke tweede week die Laeveld besoek het, is drank baie vinnig weggesteek en was daar baie woedende, dorstige manne wat hulself aan die slap gemompel het.

Op een vrolike geleentheid het die Landdros wat bewus was van die onwettige handel in drank vir Leibnitz direk gevra hoekom hy nie drank verkoop nie.

" Wie sal die Tolhek oppas terwyl ek 'n week weg sal wees om 'n stuk papier te gaan haal?" het die ondeunde antwoord gekom. Met die eerlikheid en logiese redenasie het die Landdros toegegee en die nodige dokumente wat onderteken en deur getuies onderteken was oorhandig.


'n Treinspoor vanaf Nelspruit deur die plaas Sabie en op die plaas GRASKOP het in die vroeê 1910's begin. Die treispoor is voltooi en was gereed vir die opening seremonie op die 18de Junie 1914. GRASKOP is later in dieselfde jaar tot 'n dorp verklaar.

In 1918 het GRASKOP 'n Laerskool, Kerk en winkel gehad. Die gerugte het die ronte gedoen dat Graskop in 'n boerdery gemeenskap kan ontwikkel wat inderdaad ook net praatjies was. Vanweê die hoê reênval was groente en vrugte boedery nie 'n lonende onderneming nie. Siende dat daar altyd beeste in die omgewing was vir 'n tydperk was die dominante natuurlike suur gras van die veld - wat die beeste verkies het om nie te eet nie, asook die permanente natuurlike nattigheid van die veld wat vrotpootjie onder die beeste veroorsaak het, het alle idees vir 'n beeste of suiwel boerdery op groot skaal hok geslaan.

As gevolg van die faktore het GRASKOP uitsluitlik 'n spoorweg dorp gebly. In die laat 1920's en vroeê 1930's het die depressie gekom. In 'n poging om soveel moontlike werkgeleenthede te skep, het die Regering aan bewind besluit om bome in die omgewing te plant. Bome sou altyd hier geplant geword het, maar die besluit wat 'n vyftig jaar plan behels het, het verander in 'n vyf jaar plan en duisende blanke mans het die eerste bome per hand geplant en het 'n toelaag ontvang vir hul arbeid. Die toelaag het menige geliefdes in die donker tye van hongersnood gered.

Sedert die depressie en die afsaag van die eerste bome (net vir interessantheid en die voorgeskrewe reêls, het die bome in die area net vir 15 jaar lank gegroei voordat dit afgesaag is), het GRASKOP 'n plantasie dorp geword met meer vooruitsigte as voorheen.

Toe die tweede wê reld oorlog ontstaan het. Het GRASKOP 'n inwoner tal van 700 mense gehad. Die Stadsaal is gebou en daar was 'n golfbaan en ook 'n perde wedrenbaan, waarvan daar vandag van albei geen teken is nie.

Een ding wat nooit verander het nie was die konstante toestroming van toeriste wat deur die omgewing in vervoering gebring is. Al was dit hoe moeilik op die grond paaie van 30 jaar gelede, het baie mense hierna toe gekom en was hul oorweldig deur die grootsheid ten spyte van die feit dat die paaie letterlik onbegaanbaar was in die reên en mistige seisoen, dan weer die verskriklike stofpaaie in die wintermaande. Op daardie stadium was Bourke's Luck Potholes reeds 'n groot toeriste aantreklikheid wat gespan was met hangbrue en 'n uitstappie na die Drie Rondawels uitsigpunt. Menige inwoners van die omgewing was die nasate (Offspring) van mense wat geglo het hul kan nie - of sou nie buite hierdie "omringde gerief van die heuwels"kan bestaan nie. Die "omringde gerief van die heuwels"is 'n groot toeriste aantreklikheid wat honderde duisende mense van die Groter Platorant Toeriste omgewing jaarliks trek.





Contact the webmaster    Web site designed and optimised by Web Inn.
Graskop Accommodation Graskop, Mpumalanga, South Africa - Dinge om te doen en plek om te gaan.      Copyright © 2014.