HOE OM BY ONS UIT TE KOM.

VANAF JOHANNESBURG

Log Cabin en Settlers Village is omtrent 380 km vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe (Johannesburgse Internationale Lughawe).

 Neem die N12 vanaf Johannesburg, verby Emalahleni (Witbank N4) en die Shell Ultra City buitekant Middelburg. 

Draai af op die N4 na Belfast ±206 kilometer vanaf die OR Tambo Internationale Lughawe (Johannesburgse Internasionale Lughawe). Neem die R540 vanaf Belfast na Dullstroom (33 kilometer). Volg die R540 vanaf Dullstroom na Mashishing (Lydenburg) (55 kilometer). Vanaf  Mashishing (Lydenburg)neem die R36 na Ohrigstad/ Pelgrimsrus, ongeveer 20 kilometer vanaf Mashishing (Lydenburg) draai regs na Pelgrimsrus en volg die roete na Sabie / Graskop vurk, neem die linkerkanste Vurk na Graskop en volg die roete vir 4 km totdat u Graskop binnekom. Draai links by die tweede stop (Hoofstraat), draai weer regs by die  volgende stop straat (Louis Trichardtstraat). Kruis die volgende stop straat (Kerkstraat), ons oord is aan die regterkant.

GPS: 24˚ 55' 54. 39" S / 30˚ 50' 32. 35" E

 VANAF KRUGER NATIONALE PARK

Neem die R535  na Graskop (40km), wanneer in Graskop draai regs by die derde stop (Louis Trichard Street). Kruis die volgende stop (Kerkstraat) en u sal ons aan die regterkant vind.

 Ons vertrou dat u u verblyf by ons Oord sal oorweeg en ons sien uit daarna om van u te hoor. Neem die vrymoedigheid om ons te skakel vir enige navrae.  

 Tel: (013) 767-1974  (Internationaal +27 13 767 1974)  Faks: (013) 767-1975  (Internationaal +27 13 767 1975) e-pos llprod@global.co.za

Posbus 77 Graskop 1270

 

Home