Graskop Accommodation





Log Cabin Village


Geleê in die rustige dorpie van Graskop op die Panorama Roete en naby aan die Kruger Nationale Park, sal u die “eienaar bestuurde”oord vind. Ons oord se ligging is ideaal vir beide vakansiegangers asook die reisiger wat een nag wil vertoef. Loopafstand vanaf ons oord is daar verskeie restaurante, Curio en ander interesssante snuffel winkels. Log Cabin Village bied ʼn standaard van hoê gehalte verblyf (akkommodasie) teen ‘n bekostigbare tarief. Gegradueer deur die Toerisme graderings Raad en SABS in terme van die Nationale gradering en evaluering klassifikasie (Classification) skema as ‘n Drie Ster en Kristal Gradering onderskeidelik.


Log Cabin Village is Geleë in Louis Trichardlaan, die hoofpad (Roete) vanaf die Noorde in Graskop in. Ten volle toegeruste Selfversorgende Houthuise en Kothuise is ten volle toegerus vir selfversorging met Televisie, private braai area, ¹n 24 uur sekuriteitsdiens en word daagliks skoongemaak en versorg. Die Houthuise en Kothuise maak beide voorsiening vir enkel en dubbelbeddens, is Drie Ster gegradeer en word ook deur die AA aanbeveel.


Bykomend tot bogenoemde het ons Oord ook sy eie swembad en ¹n Restaurant op die perseel waar ontbyt, middagete en ligte middagetes bedien word. Geleë in die hartjie van Die Panorama roete (Mpumalanga) sal u die rustige dorpie Graskop vind. Die ligging van Graskop maak ons Oord die ideale bestemming om al die besienswaardighede te besoek, nl, Die Kruger Nationale Park, Blyderivierspoort , God's Window en Pelgrimsrus.


Settlers Village Graskop


artjie van Graskop, ʼn stemming enig in sy soort. ʼn Mengelmoes van ʼn ouwêreldse omgewing en die heedendaagse moderne gerief. Die natuur se vars geure van Settlers Village en die Bosbou bedryf in die omgewing in kombinasie met die uitgestrekte ruimte van ons omgewing en die gevoel van die oue settelaar, skep ʼn rustigheid en kalmte ongekend. Geleë teen die agtergrond van ons tuin met ʼn bekroonde prys, pruik ons kothuise en bied hul kwaliteit, gerief en ʼn standaard van hoê gehalte vir selfversorging of bed en ontbyt.


Ons kothuise is ontwerp volgens die traditionele styl van die vroeê pioniers en word weergegee van hul vroeêre


Die selfversorgende kothuise is toegerus met enkel sowel as dubbel beddens wat alleen voorsiening maak vir twee persone, ʼn drie ster gradering wat toegeken is aan die Oord en ook deur die AA aanbeveel word. Bykomend tot bogenoemde het ons ook ‘n swembad en ʼn restaurant op die terrein wat ontbyt, ligte etes en middagetes bedien. Ons kothuise is ten volle toegerus en selfversorgend, met ʼn Televisie, eie braai plekkie (area) en 24 uur sekuriteits diens. Die kombuis is ten volle toegerus met ʼn kitchenette, mikrogolfoond, yskas, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware asook kombuis gereedskap. Elke kothuis is toegerus met ‘n verwarmer en vele meer om dit vir ons gaste so gerieflik en huislik moontlik te maak. Alle linne en handdoeke word voorsien en die kothuise word daagliks skoongemaak en versorg. Ons is net 48 km vanaf die Phabeni Hek van die Kruger Nationale Park, 8 km vanaf God’s Window en die baie bekende Blyde Rivierspoort.




Contact the webmaster    Web site designed and optimised by Web Inn.
Graskop Accommodation Graskop, Mpumalanga, South Africa.      Copyright © 2014.